In die inskrywing gesels ons met Tracy Kelly Interior Design, binnehuis ontwerper gebaseer in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal. By Mooi Leefstyl is ons gek oor alles wat mooi is en jou beter te laat voel. Een van daardie dinge waarvan ons baie hou is mooi spasies. Tracy Kelly is ʼn kenner wanneer dit kom by interieurs en die tendense rondom dit. In dié artikel raak ons ook aan die verskil tussen ʼn Binnehuis Ontwerper en Binnehuis Versierder. Iets wat baie mense oor wonder.
As jy ʼn liefde het vir mooi spasies, dan is hierdie artikel vir jou. Tracy vertel vir ons hoe haar besigheid begin het tot die nuutste tendense in 2022. Alles in een artikel!
Tracy sê dat dit belangrik is om te noem dat alle ontwerpers en versierders, maak nie saak van die kliënt se versoek nie, altyd hulle eie algemene styl en gevoel het, wat sal deurkom in die ontwerp elemente. Die interieur bedryf is presies dieselfde as enige ander kreatiewe persoon soos ʼn kunstenaar, beeldhouer, bloemis of landskapontwerper. Rol af om ons onderhoud met Tracy Kelly te lees.
Die begin van Tracy Kelly Interior Design:
Tracy Kelly Interiors het hul deure amptelik in 1999 oopgemaak. So het die naam, “The Little White House” in Pietermaritzburg ontstaan. Sonder Tracy se medewete dat die eeu oue Kaaps-Hollandse huis haar in die toekoms sal terugroep.
Sy het ʼn breuk van haar besigheid gevat tussen 2002 en 2016. Dit was om tyd te spandeer saam met haar jong kinders en om te fokus op haar interieur ontwerp. Tracy het gewerk van uit haar klein privaat studio waar alles begin het, voordat sy haar deur oopgemaak het in 1999.
In 2016 het die Kaaps-Hollandse vir haar huis geword. Sy het die huis weer onder haar vlerk geneem. Tracy het ʼn jaar spandeer om die eiendom te herstel en op te knap, tot wat jy vandag sien. Nommer 10 is nou die huis van Nom de Plume Studio – ʼn eksklusiewe binnehuis interieur kleinhandel winkel, asook Our Scented Room – ʼn aanlynwinkel met ʼn fisiese winkel wat fokus op al die noodsaaklike geure en bykomstighede wat nodig is om ʼn huis te voltooi.
Inspirasie agter die ontwerpe:
Tracy spandeer baie tyd in die tuin, dit is belangrik vir haar besige gedagtes. “Om in die natuur gedompel te word, is ʼn gawe van God.”: vertel Tracy.
Blomme uitstallings, of dit nou gedroogde of vars gesnyde blomme, sal altyd in haar interieur spasies verskyn.
Reis is noodsaaklik om jou gedagtes te verbreed. Dit is duidelik in my alewige ontwikkelende ontwerp en interieur “handskrif”, aangesien Tracy altyd uitgedaag word om buitelandse ontwerp invloede en estetika in haar interieurs te inkorporeer.
Die verskil tussen ʼn Binnehuis Ontwerper en ʼn Binnehuis Versierder:
Binnehuis Versierder of Versierings verwys na die implementering van sagte meubel en dekor stukke. Dinge soos kussings, verf kleure en meubelstukke wat gebruik word om te verfraai van ʼn binneruimte. ʼn Binnehuis Ontwerper verwys na die funksionele ontwerp-uitleg van ʼn interieur spasie en doelgerig ontwerpte kenmerke wat saamwerk met die argitektoniese ontwerpelement en kenmerke van die gebou.
Tracy Kelly Interior Design se dienste:
Oor die jare het Tracy verskeie ontwerp dienste aangebied. Dit sluit in van aanlyn konsultasies en kamer-uitlegte, tot korporatiewe interieurs en die Sielkunde van kleur en uitleg binne die kantoorruimte.
Vir huise wat vir persoonlik of vakansie gebruik word het die navraag die afgelope jaar vir die gasvryheid bedryf toegeneem. Die behoefte om haar dienste te begin beperk het daartoe gelei dat sy nou meeste van haar tyd in die gasvryheid bedryf spandeer. Om aan projekte te werk wat naby aan haar hart is, naamlik bosveld lodges in Botswana en Zimbabwe.
Moet mens ʼn tendens volg?
Persoonlik glo Tracy daaraan om jou eie styl te vestig, leer waarvan jy hou en wat jou tuis laat voel die oomblik as jy deur die deur stap.
Dit is noodsaaklik om stukke te versamel soos jy volwasse word, wat jy kan aanpas en by jou binneruim kan verander soos jou interieur ontwikkel. So verander jy ʼn huis na ʼn tuiste.
Tendense is daar om ons te inspireer en ons ʼn nuwe aanslag op iets ouds te gee. Om daaruit te leer en die tendense wat by jou aanklank vind in te sluit en dié wat jou nie aanspreek nie, te los. Nie alle neigings hoef gevolg te word nie, sommige is eenvoudig nie vir jou nie.
Tendense in 2022:
Met KOVID-19 wat ons almal se lewens die afgelope twee jaar oorgeneem het, is ʼn gevoel van kalmte en rustigheid noodsaaklik.
’n Tendens wat Tracy voel in 2022 sal opduik, is die gebruik van groen in materiaal, verf en plantlewe. Ronde vorms sal beslis ʼn stelling maak. Dit laat jou eenvoudig voel dat jy omhels word. Tekstuur en verskillende lae is twee elemente wat grondslag is vir alle ontwerp style, of dit nou kothuis kern, Japandi, of vintage is, om net ʼn paar te noem.
Om die oud met die nuwe te meng, soos almal meer omgewingsbewus word van die uiterste aardsverwarming wat plaasvind. Ondersteun plaaslike kreatiewe besighede en wees net gelukkig!
Tracy se leuse is om ʼn meer doelgerigte leefstyl te probeer lei. Dit is nie altyd moontlik nie, maar sy probeer haar beste om die spoed van die Lewe te vertraag, waar sy kan om alles in te neem.
As jy nie ʼn Binnehuis Ontwerper was nie, wat sou jy wou wees?
In vroeër jare was medici en motor voertuig ontwerp ʼn passie. Dit was was bo aan Tracy se lys van beroepe wat sy in belanggestel het. Ontwerp is beslis die kern van alles wat sy doen. As sy ʼn ander loopbaan as interieur ontwerper moes kies, sal dit wees om tendense na te vors en die vermoë te hê om te voorspel, sy vind dit uiters fassinerend.
Tracy Kelly Interior Design kontak besonderhede:
Volg Tracy Kelly Interior Design op Instagram vir tonne inspirasie. As jy belangstel om haar te huur vir jou volgende projek, haar webtuiste vir spesifieke inligting of stuur haar studio ʼn e-pos.
As jy belangstel aan Our Scented Room kan jy hul webtuiste besoek vir meer inligting.